Poëzie

Priegel



Afrkaans

Al my gedigte op Impala Radio Digmeesters:


1: Die geboorte van 'n gedig
https://soundcloud.com/priegel/sets/paul-opdam-die-geboorte-van-n/s-bL01f

2: Die Suid-Afrikaanse taal https://soundcloud.com/priegel/sets/paul-opdam-die-suid-afrikaanse/s-lOOzx

3: As woorde ....
https://soundcloud.com/zvarrie/paul-opdam-as-woorde
...
4: Sprekende stilte
https://soundcloud.com/zvarrie/paul-opdam-sprekende-woorde

1, 2 was op 7 april 2014 en 3,4 was op 21 julie 2014.

https://soundcloud.com/#priegel/wat-ek-wil-s-demo
 

Ons gesprek

My liewe Afrikaanse vriendin
bly met my klets
want ek geniet die prentjies
wat jou woorde skets

as jy met liefde vertel
oor jou mooie land
sien ek die grote see
die skulpies en die strand

die hoë berge
met hulle pragtige uitsig
die rivier wat glinster
in die goue sonlig

die bome, die bonte blomme
die diere, die huisies en elk mens
eendag kuier in jou mooie land
saam met jou dis alles wat ek wens

Die woorddanseres

Sy kan ineens verskyn
as jy nie aandag gee
tussen smal lyne
wat op papier gesit is

Soos ’n koorddanser
in die sirkus op hoë koorde
dans die woorddanseres
op die ritme van woorde

Sierlik vanaf die begin
tot die einde van die gedig
in iedere geskrewe sin
met ’n glimlag op haar gesig

Totdat die woorddanseres besluit
haar dansskoentjies uit te skop
dan rus sy ‘n bietjie in die tussenreëls
waar sy lekker wegkruipertjie kan speel

 

My boek

Ek het ‘n boek
met baie bladsye
hierop staan hulle
al my mooie tye

Wat ek belewe het
met my vader
wat ek geskryf het
maar as ek blader

Deur my boek
terwyl ek saggies lees
van alles wat was
verby en gewees

Dan belewe ek
die mooie tye weer
al was dit
die allereerste keer

Maar vir nou is die stilte
‘n leeg vel
my mooie woorde
kom later wel

Omdat hulle nou
nie uit kan lê
wat my trane
jou nou sê